submission for Vroue Keur... a conservative afr mag doing an article about marriage.
Eregas
Ek staan saam voor die kansel, saam met al die groot idealisme.
Ek is geweef in elke draadjie van haar witwas droomrok
waar sy staan langs haar droomman.
Hier vier ons vandag ‘n droomtoekoms saam:
lang vakanises hand aan hand, romantiese aande voor kaggelvure
en dalk, eendag, as die tyd reg is, ‘n kroos en ‘n familiemotor.
Ek staan voor die kansel saam met vrae en vol van trou beloftes:
sy beloof met hart en siel aan haar man wat vandag
geen voet in haar oë verkeerd kan sit nie.
‘n Traan rol met perfekte tydsberekening uit die hoek van haar oog,
sy glimlag breed vir die fotograaf, deel piksoene uit vir die familie
en staan voor in die ry saam met manlief vir die feesmaal.
Prinses: perfek en pragtig!
Vir ‘n dag glo sy weer soos ‘n dogtertjie in sprokies
en ‘n enkele prins op sy wit perd.
Die wittebrood bak warm tussen hulle,
maar kom louwarm terug huis toe na twee weke.
Voor sy haarself kan kry staan die broodjie yskoud
langs die vuil skottegoed in die kombuis.
Hulle glimlag vasberade as mense vra
hoe dit gaan met die ‘getroude lewe’.
Die foto van die groot dag pryk eers in die middle van die koffietafel,
skuif dan na die boekrak en verdwyn later stil-stil in die laai in
onder rekeninge en realiteit.
Stadig maar seker verander gelukkig en getroud in bitter berou.
Die kiekie maak ‘n laaste verskyning soos dit agterna gegooi word
die dag wat hy sy goed vat en trek, Ferreira se voet,
sy soek haar nooiensvan terug asseblief!
Ek staan saam voor die kansel in die nate van ‘n trourok
en glimlag skeef vir die vriende en nuwe skoonfamilie
vergader om die paartjie.
Soveel drome val dalk plat, soveel verhoudings faal,
soveel keer is ek verkeerd…
Maar ek is elke bruid se beste vriend:
soms wankelrig, soms sterk, soms sand en soms soos steen.
Ek is die een trougas by elke troue op die dorp.
Ek is die Hoop (geloof en liefde) wat sy vandag vertrou,
die Hoop in iets wat saam met haar en ook haar man kan groei.
Vandag alleen, kan ek regeer!
© 2006 Lucille Greeff

0 Comments:
Post a Comment
<< Home